As gevolg van die lang droogte in dele van die Noord-Kaap, trek Vanwyksvlei en omliggende dorpe nog steeds swaar. Agrimark Upington en die Noord-Kaapse streekkantoor het hand bygesit en kospakkies ter waarde van R5,000 aan behoeftige gesinne in die area geskenk.
“Die produsente in ons streek sukkel regtig en is in uiterse nood. Hulle lewe van skenkings wat hul ontvang, so elke bietjie help en maak ’n verskil. In samewerking met ʼn droogtehulp-organisasie, het ons melk en kospakkies geskenk,” het Hein Swart, bestuurder van Agrimark Upington gesê.
“Baie, baie dankie vir die kospakkies wat ek ontvang het. Dit word opreg waardeer! Ek gebruik wat ek kan en deel weer met ander,” het Marietjie Coetzee, een van die begunstigdes wat ‘n pakkie ontvang het, gesê.