Agrimark Upington het onlangs ‘n markdag gehou waar hulle heerlike eetgoed verkoop het en die winste gebruik het om ‘n plaaslike welsynsorganisasie te help.
Die tak het besluit om benodigdhede soos kruideniersware en skoonmaakmiddels vir die plaaslike kinderhuis te koop. “Jogébed-kinderhuis trek swaar en het dit wat húlle gehad het, reeds gebruik om ander te help. Dit was ’n gulde geleentheid om ons CARE-waardes uit te leef. Hulle lê ná aan baie van die gemeenskap se harte,” het Hein Swart, takbestuurder, gesê.