Groot dele van die Noord-Kaap beleef tans die ergste droogte in dekades. Produsente in die omgewing is erg deur die droogte getref en baie families (en diere) trek nog steeds swaar as gevolg van hierdie omstandighede.
Om hand by te sit het Kaap Agri onlangs ‘n droogtehulpskenking van meer as R40 000 aan die Brandvlei-boerevereniging gemaak. “Na aanleiding van die voortslepende droogte in die omgewing en die negatiewe impak daarvan op mens en dier, het ons besluit om iets aan die gemeenskap terug te gee,” het Johan Bruwer, Agrimark Brandvlei se bestuurder, gesê.
"Hierdie is ‘n geringe gebaar om ’n bietjie verligting te bied aan die gemeenskap wat ons so getrou ondersteun.”
Verskeie afdelings van Kaap Agri het met Agrimark Brandvlei saamgespan om die skenking aan die Boerevereniging te maak. Kaap Agri Korporatief, Agrimark Brandvlei en die Noord-Kaapse Streekskantoor het die volgende skenkings aan Brandvlei se gemeenskapsboere gemaak: “Baie dankie aan alle partye wat by hierdie skenking betrokke was en dit moontlik gemaak het. Ons gemeenskap waardeer dit en ons is seker dat dit ’n groot verskil sal maak,” het Johan gesê.