Contact Us Store Locator Suppliers
My Account
KAL Group - logo KAL Group - Symbol
About
Who We Are Our History Management Corporate Governance
Company Profile
Agrimark Tego Plastics PEG Retail Operations Agriplas Expressmark FarmSave Agrimark Namibia
Investors
Overview Reports SENS Calendar
Impact
Empowerment BBBEE KAL Academy KAL Trust
Careers
Life at KAL Group Join Our Team
Insights
Press Releases Care & Grow Marktoe! Magazine
Your Account & Information
Contact Us Store Locator Suppliers
My Account
Insights | Care & Grow

Bradley Leef sy Passie vir Digkuns uit en Skep só Lig uit Pad van Pyn

Posted on: 30 September 2021

Om ’n stokperdjie te hê bring ’n gevoel van pret en vryheid en kan help om die impak van stres te verminder. Het jy geweet dat kreatiewe aktiwiteite en stokperdjies werknemers help om beter in die werkplek te presteer?

Ander navorsing het bevind dat aangename aktiwiteite wat gedurende vrye tyd gedoen word, goed vir jou algehele gesondheid is. Bradley Arendse, 'n handelsklerk by Agrimark Malmesbury, kan hiervan getuig. Hy het onlangs sy lewenslange droom om 'n skrywer te word, gerealiseer. “Skryf en lees was nog altyd vir my ’n wegbreek en 'n kreatiewe ontsnapping, maar om ʼn boek uit te gee was nie iets wat ek gedink het ooit met my sou gebeur nie,” sê Bradley.

“Skryf en lees was nog altyd vir my ’n wegbreek en ’n kreatieweontsnapping, maar om ’n boek uit te gee was nie iets wat ek gedink het ooit met my sou gebeur nie.”

Nadat hy vroeër vanjaar 'n plaaslike kompetisie gewen het, is Bradley se eerste digbundel, Woorde uit Bloed, gepubliseer. “Ek het af en toe gedigte op Facebook geplaas en het toe aan die Straatligdigterskompetisie deelgeneem. Die hoofprys was om jou eie digbundel te kry. Op 2 September 2021 is my bundel met 112 gedigte afgelewer,” vertel Bradley. 

Hy sê die positiewe reaksie en belangstelling is vir hom roerend. “Ek kan dit nog steeds nie glo dat ek die kompetisie gewen het nie en my eie digbundel het nie. Omdat dit vir so lank net 'n stokperdjie was, het ek nie regtig in myself geglo nie. Selfs nadat vele ander my talent uitgewys het, het ek steeds in myself getwyfel,” het hy bygevoeg.

Die lewe was nie altyd ʼn maklike pad vir hom nie. Bradley sê die titel, Woorde Uit Bloed, is afgelei van die daaglikse stryd wat hy moes stry en dit volg sy pad uit die donker van pyn, hartseer, dood, liefde, geluk en vreugde.

Bradley vertel dat sy stryd met nierversaking, waarmee hy in 2013 gediagnoseer is, ook ʼn groot invloed op sy digkuns gehad het. “Dit was ʼn moeilike en uitmergelende pad, maar ek het nie moed opgegee nie en ek het my toevlug in die skryf van gedigte gevind. My vrou, Sandy, was my steunpilaar en het my altyd aangemoedig om my hart te volg en meer aandag aan my skryfwerk te gee. As ek terugkyk na my lewe en waar ek vandaan kom, is dit vir my ’n massiewe mylpaal. My enigste spyt is dat my ma nie vandag hier is om saam met my trots te wees nie. My boek is opgedra aan haar, en my seun, Kayden Brian Arendse, wat vroeër vanjaar op 30 April stilgebore is.”

Daar is nog projekte in die pyplyn vir Bradley en ‘n boek is een van hulle, maar dis langtermyndoelwitte, sê hy. Een van sy kortverhale het ook onlangs in die tydskrif Kuier se Junie/Julie-uitgawe verskyn.

Bradley moedig alle personeellede wat passievol oor hulle stokperdjies is, aan om in hulself te glo. “Moet jouself asseblief nie onderskat nie. Respekteer jouself en jou werk. Hou aan glo, hou aan droom en moenie toelaat dat enige iets jou fokus verbreek nie.”

Woorde uit Bloed is teen R180 per kopie beskikbaar. Vir bestellings kan mense Bradley kontak by 079 606 3688 of e-pos by bradleyarendse76@gmail.com.

Ruiter

Ruiter van die wind, hoor my roep
kom haal my en maak my weer kind
help asseblief om my liefde te vind
ek is alleen en baklei teen die wind
volg die Transkaroo op sy spoor
ek het iewers iets verloor
dra my hart in jou hand
gooi my seer en sorge weg langs die pad
sit vrede in my hart
sit ‘n lag in die diepste donker
donkerste van die nag
Ruiter van die wind
kom en maak my weer kind . . .
kom asseblief
ek is verlore en
wil myself net vind


	
	
		bradley andrews


Download Care & Grow September 2021

KAL Group - logo

Connect with us on:

Facebook Instagram LinkedIn

Our Office

1 Westhoven Street
Paarl, Cape Winelands
Western Province, 7646

View Map

Divisions

Agrimark Tego Plastics PEG Retail Operations Agriplas Expressmark FarmSave Agrimark Namibia

Legal

Privacy Notice Terms of Use PAIA POPIA Cookie Policy Email Disclaimer Additional Legal Info

Agrimark App

Download our Agrimark App

App Store App Store

Copyright © 2025 All Right Reserved

Loading...

This website uses “cookies” to give you the best, most relevant experience. To find out more see our cookie policy.

Read